Ek woon in a klein dorpie net buite Portland, die grootste stad in Maine (wat nie juis so groot is nie, siende dat ek van Jo’burg kom). Ek woon ook aan die einde van ‘n kort doodloopstraat met 13 huise op die straat. Aan die einde van die straat is ‘n sirkel met vier huise, en ek is die een op die verste punt. Aan alle kante van my huis is bome wat dik groei. Meeste is eike, maar een of twee groot bome is altyd groen. In die winter word hulle meestal bedek met sneeu so mens sien maar min groen gedurende daardie tyd van die jaar. Maar nou, nou is dit somer – uiteindelik – en dit word baie warm hier, baie soos Durban, en bedompig. Gedurende die lente kom al die nuwe groen blare uit orals om my en hulle verdik in die maand of so daarna, sodat nou as ek uitkyk, is dit asof daar so dik groen kombers om my gevou is. Dis baie privaat behalwe vir al die klein gediertes wat in die bosse bly en al die hordes voels – maar dis ‘n ander blog. Dis nogal ‘n rustige gevoel, soort van veilig, nie dat ek ooit onveilig hier voel nie, maar dis ‘n baie salige gevoel. Ons sit deesdae gereeld buite in die son en drink wyn, KWV as ek dit kan kry, en hap aan die boerewors met die Vrystaatse speserye wat ek hier self maak. Dan neem ek dit alles in. En dis dan op sulke tye dat ek inderdaad geseend voel. En glo my, ek neem dit alles in. Alles. Pak die gevoel diep in my geheue in want ek weet ek sal dit binnekort weer nodig he wanneer die blare begin verkleur en een vir een af val, en dit weer bleek en wit word orals om my.
Fliek met Vriende in Vreemde Lande
So ruk terug het ek “Tsotsi” gesien met ‘n jong Amerikaanse vriendin. Ek het die fliek uitgestel vir ‘n hele ruk soos ek maar doen met meeste flieks was oor SA handel omdat meeste soort van verdraaid hier uitkom. “Tsotsi” het my geruk. Ook die manier hoe hulle van een taal na ‘n ander omslaan in een sin. Dit was goed om te sien. Die punt wat ek egter vir nou wil maak is hoe graag ek die binnegoed van die fliek sou wou kon deel met my vriend, en hoe teleurstellend dit was om nie eens naby so iets te kan kom nie. Jy kan sekere dinge net waardeer as dit diep in jou bloed en jou kultuur is – ten minste die dieper waarde. Elk geval, die ding is dat aan die een kant het die fliek my hart eenkant toe geruk, en die feit dat ek dit alles eintlik maar alleen sit en sien al is my vriend hier langs my, het my hart heeltemal stoksielalleen laat voel. Dis maar al wat ek wou vertel van dit vir nou. Lewe in veraf lande het sulke onverwagte en soms dramatiese resultate. (Verskoon my swak Afrikaans en al die spelvoute asseblief).
Die Nuwe Avontuur
OK, laat ek maar hierdie site vir ‘n spin vat an sien hoe dit gaan. Inderdaat sal dit ‘n soort van avontuur wees, and ek het heelwat stores uit hierdie deel van die wereld (hmm, sal die kappie ‘e’ erens moet vind nog). Elk geval, dit alles is vir nou in die nabye toekoms, so waggebietjieda julle.
Tot dan, totsiens.